Jaarboeke

Methodology of isiZulu 430


 
Modulekode JZL 430
Kwalifikasie Voorgraads
Fakulteit Fakulteit Opvoedkunde
Module-inhoud Die Afrikataal metodiekmodule fokus op moedertaalonderrig van isiZulu. Die kern doelwit in die onderrig van Huistale is om die vaardighede te ontwikkel wat die leerders in staat sal stel om so effektief moontlik te kommunikeer op 'n meer akademiese vlak in hulle onderskeie moedertaal. Alhoewel die module in Engels aangebied word sal alle lesplanne en lesaanbiedings in die relevante Afrikataal plaasvind. Hierdie module bou voort op kennis en vaardighede wat in JPS 121 en JLL 330 bemeester is. Die kennis en vaardighede bemeester, word progressief in die metodieke (JLl 330 en JZL 430) toegepas. Die module bied 'n deeglike oorsig van die leerinhoud met spesifieke fokus op praktiese toepassing van die Nasionale Kurrikulumverklaring dokumente. Studente word met die nodige kennis, vaardighede, waardes en ingesteldhede toegerus om in die praktyk toe te pas en om die taalvaardighede van alle leerders te verbeter. Die module fokus op die ontwikkeling van leergeleenthede van die taalvaardigheid, naamlik luister, lees, praat en skryf, asook taalstruktuur en grammatika. Die ontwerp van lesse en leer- en onderrig ondersteunende materiaal word ontwikkel met 'n sterk fokus op tegnologie en e-leer. Verskeie onderrigstyle wat van toepassing op die leerervaring is, word behandel.
Modulekrediete 12.00
Voorvereistes Mag slegs in die finalestudiejaar geneem word
Onderrigtaal Module word in Engels aangebied
Departement Geesteswetenskaplike Opvoedkunde
Aanbiedingstydperk Semester 1

Die inligting wat hier verskyn, is onderhewig aan verandering en kan na die publikasie van hierdie inligting gewysig word.. Die Algemene Regulasies (G Regulasies) is op alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria van toepassing. Dit word vereis dat elke student volkome vertroud met hierdie regulasies sowel as met die inligting vervat in die Algemene Reëls sal wees. Onkunde betrefffende hierdie regulasies en reels sal nie as ‘n verskoning by oortreding daarvan aangebied kan word nie.

Copyright © University of Pretoria 2025. All rights reserved.

FAQ's Email Us Virtual Campus Share Cookie Preferences